Moenie my transformeer nie! Ek is Engels!

Cecil John Rhodes was nie ‘n gawe persoon nie. Jare voor die Nazi’s se konsep van rassuiwerheid het die homoseksuele Rhodes alle ander volke, behalwe sy mede-moddereilandjiebewoners, as benede hom en sy ingeteelde landgenote beskou. Hy het hom openlik beywer vir ‘n wêreldregering deur hom en sy Angel-Saksiese volksgenote, ook diegene oorkant die Atlantiese oseaan. Sy grypsug en territoriale aggressie het min perke geken. Dit het tot by Lusaka, die hoofstad van die voormalige Noord-Rhodesië, sowat 2500km noord vanaf Kaapstad, gestrek.

Ook die Boererepublieke het deurgeloop onder Rhodes se kolonialistiese aggressie. Hy was een van die aanstigters van die Jameson-strooptog, wat uit wat vandag Botswana is, teen die ZAR geloods is. Onder die vyande van die Boere- en Afrikanervolk, verdien Rhodes, naas die Kodesa-verraaiers, ‘n besonder prominente plek aan die skandmuur. Soos Jimmy Kruger dit dus oor Steve Biko se dood gehad het: Die vernietiging van Rhodes se standbeeld en die uitwissing van sy naam, laat my koud.

Nietemin het selfs die vorige regering Rhodes se standbeeld ongestoord laat staan op die kampus van UCT. Die Ooskaapse dorpie Rhodes, asook die universiteit op Grahamstad wat na Rhodes vernoem is, se name is onveranderd gelaat. Anders as die huidige misdaadbende wat die land tans wanbestuur, het Afrikaners nie ‘n minderwaardigheidskompleks nie, en vind ons dit nie nodig om ons minderwaardigheid te probeer besweer met sinnelose naamsveranderings nie.

Wat wel besonder interessant is, is dat die eise van die studente op beide UCT en Rhodes nie by die blote verwydering van Rhodes se standbeeld of sy naam eindig nie. Hulle eis ook dat blanke lektore etnies gesuiwer (“getransformeer”) moet word, dat studente deur swart professore en swart dosente onderrig moet word.

Nog interessanter is dat hoewel daar tot op hede bykans ekslusief op Afrikaanse plekname, ook name wat geen politieke konnotasie gehad het nie, en monumente jag gemaak is, daar tans ‘n klemverskuiwing plaasvind. Ook Engelse koloniale, name, simbole en liberale Engelse self – wat kan immers meer Engels wees as ‘n verwarde libgestremde professor op Rhodes of Ikeys? – is nou vierkantig in die visier van die toenemend-radikale gepeupel. Die gepeupel wil nou, midde-in die einste DA-beheerde Kaapstad, ‘n party wat self onlangs Afrikaanse of Hollandse name verander het, dieselfde maak met Rooi Helen en die res van die Afrikanerhatende DA-gespuis se erfenis.

Deur die jare het die liberale Engelse vanuit hul rykmansbuurte in die noorde van Johannesburg of die suide van Kaapstad op die konserwatiewe Afrikaner neergesien, terwyl hulle Prog of SAP gestem het, maar heimlik die Hemelse Vader vir die Natte bedank het. Baie van die Engelse blankes was ook veel meer radikaal, en veral Joodse Engelssprekendes – Slovo, Kasrils, Harris en andere – het hul Rhodes-agtige haat vir alles wat Afrikaner was, aktief uitgeleef, tot op die punt om terreurdade te pleeg teen die vorige regering.

En nou, meer as ‘n eeu ná Rhodes se dood, het die wiel gedraai. Die rewolusie is besig om sy eie kinders te verorber. Daardie radikaallinkse Engelse verkwisting van ‘n wit vel, Samantha Vice, wat Dowwe Dolla na ‘n Nasa-wetenskaplike maak lyk, en vanuit Rhodes haar blanke selfhaat sit en spu, is een van die einste blanke dosente wie se kop deur die gepeupel geëis word. Vice het reeds talle onsinnige, selfhatende stukkies gebrabbel gepubliseer wat wil-wil grens aan ‘n oproep vir die likwidasie van alle blankes in gaskamers. Selfs Dowwe Dolla sou egter besef dat Vice se swart eggenoot en selfhatende skrywes haar niks gaan help nie. Hulle gaan ook vir háár kom. Ook Vice se vel is en bly haar uniform.

Gaan die selfhatende Vice ook, die slag as die gepeupel haar soos ‘n wafferse Marie Antoinette uit haar kantoor op die Rhodes-kampus sleep, soos die Engelse dame tydens die Soweto-onluste gil?

“Don’t shoot! I’m English!”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.