Bediende wat baba glo aanrand soek

Deel op

‘n Swart bediende van Welkom wat daarvan aangekla word dat sy haar voormalige werkgewers, Org en Anna-mi Linde, se babaseun aangerand het, het nie Donderdag vir hofverrigtinge opgedaag nie.

‘n Lasbrief vir haar inhegtenisname is intussen uitgereik. Die saak is tot 7 April uitgestel.

Mafsehediso Lisbeth Makashea was veronderstel om in die Welkom-streekhof te verskyn waar sy tereg staan op aanklag van aanranding met doel om ernstig te beseer.

Sy is in Desember op kamera gevang waar sy baba Nico Linde, toe sewe maande oud, mishandel en aanrand as hy huil.

Die bediende word ook van diefstal aangekla.

Makashea is in Desember in hegtenis geneem. Die ouers het kamera in die sitkamer opgestel waarmee Makashea se mishandeling van Nico opgeneem is toe hulle nie tuis was nie. Hulle het ‘n soortgelyke slegte ervaring met ‘n vorige bediende gehad.

Die egpaar het strafregtelike klagte teen Makashea aanhangig gemaak nadat hulle die beeldmateriaal gesien het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.