Nkandla-verslag gereed

Deel op

Die minister van Polisie, Nkosinathi Nhleko, het bevestig dat hy gereed is om sy verslag oor Nkandla aan die Parlement voor te lê.

Die Speaker van die Parlement, Baleka Mbete, moet binnekort ‘n datum aankondig, het RSG berig.

Die Minister is deur die President opdrag gegee om verskeie verslae oor oorbesteding by die President se privaatwoning te bestudeer en te besluit of hy ‘n gedeelte van die geld moet terugbetaal wat aan die veiligheidsgraderings bestee is.

President Jacob Zuma het ingestem om op 16 April vrae oor Nkandla in die Parlement te beantwoord.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.