ESB-opening lei tot geweld in Duitsland

Deel op

Onlustepolisie in Duitsland moes dié week bontstaan toe skares opgeruk het om teen besuiniging te betoog. Geweld het uitgebreek naby aan die stad se Alte Oper konsertsaal enkele ure voor ‘n nuwe bankgebou se amptelike opening.

Ondersteuners van die sogenaamde “Blockupy”-alliansie bestaande uit ­maatskaplike bewegings, aktiviste, vakbonde en politieke partye, het betogings teen besuinigingsmaatreëls en die magte van die ­Europese sentrale bank beplan vir wanneer die bank se nuwe hoofkantoor die week amptelik sou open.

Verskeie polisievoertuie is aan die brand gesteek op die openingsdag van die Europese sentrale bank in Frankfurt am Main.

‘n Skare van sowat 10,000 mense het buite die nuwe hoofkwartier van die Europese Sentrale Bank wat teen ‘n astronomiese koste van $1.4 miljard langs die rivier opgerig is, gedreunsing.

Die ESB is sedert sy die begin van sy bestaan in die Duitse stad, maar die nuwe duur toringgebou wat die bank pas betrek het, het tot hewige teenkanting gelei.

Talle Duitsers wat opgedaag van regoor die land, is ontevrede oor ‘n ekonomiese beleid wat diep sny aan openbare besteding en werkloosheid vererger.

Sowat 14 polisiebeamptes en 21 betogers is beseer nadat wegbreekbetogers met die polisie gebots het. Volgens die owerhede is 350 mense in hegtenis geneem.

Die polisie het gekla dat meer as 80 van hul lede met pepersproei aangeval is en moes behandeling ontvang.

Die polisie het ‘n kordon om die bank gevorm nadat bande en vullis ook aan die brand gesteek is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.