Athi­saari wens Namibië geluk

Deel op

Die Nobelpryswenner, voormalige president van Finland en die spesiale verteenwoordiger van die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies vir Namibië in 1989 en 1990, mnr. Martti Athi­saari, het n spesiale boodskap van gelukwensing aan Namibië met die herdenking van die land se kwarteeu van onafhanklikwording gestuur.

Athi­saari het sy gelukwensing aan die Republikein gestuur.

“Dit is vir my n groot plesier om Namibië geluk te wens met die silwerjubileum. Ek is trots om te sien wat Namibië gedurende die eerste 25 jaar van onafhanklikheid bereik het.

“Ek het oor die jare Namibië se ontwikkeling noukeurig gevolg. Volgens die Mo Ibrahim-stigting se indeks vir staatsbestuur in Afrika, was Namibië in 2014 sesde uit 52 Afrikalande.

“Prestasie van lande word in vier staatsbestuurkategorieë gemeet, naamlik veiligheid en die regstaat; deelname en menseregte; volhoubare ekonomiese geleent­hede en menslike ontwikkeling. Namibië is duidelik op die regte pad om hierdie oogmerke te verwesenlik.

“Uitdagings is daar, maar die resultate tot dusver is bemoedigend.

“Ek wil die leierskap en die mense van Namibië op die skouer klop met hierdie prestasies wat staatsbestuur, vrede en stabiliteit insluit.

Die regerings van Duitsland en Brittanje finansier die land se grondhervormingsproses. Ongeveer 4 000 wit kommersiële boere besit byna die helfte van die grond in land.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.