Cecil John Rhodes se dae is getel

Deel op

Cecil John Rhodes se dae is getel. Die mede-aanstigter van Afrikanerkonsentrasiekampe se standbeeld gaan verskuif word na ‘n week van studenteprotes, het die Universiteit van Kaapstad se visekanselier verklaar.

Hy glo die omstrede standbeeld van Rhodes moet verskuif word van sy “trotse plek, die brandpunt van die kampus”.

Maar dit sal min doen om die groeiende opstand te onderdruk teen die gebrek aan “transformasie”.

Met behulp van #Rhodes SoWhite het studente in Grahamstad gister ook betoog “oor die stadige pas van transformasie en ‘n gebrek van inklusiwiteit by Rhodes Universiteit”.

Die voorsitter van die Hoër Onderwys Transformasienetwerk, Lucky Thekisho, het gesê rassegelykheid is ook ‘n probleem by ander universiteite.

Hy het die universiteite van Noord-Wes en Stellenbosch uitgesonder. Die drie verskillende kampusse van die Noordwes-Universiteit moet saamsmelt sodat hulpbronne meer egalig versprei kan word, terwyl ontgroening ‘n ras-verdelende kwessie op Stellenbosch bly, het hy gesê.

Studente by die Universiteit van Kaapstad het 10 dae gelede begin betoog nadat Chumani Maxwele ‘n emmer menslike uitskot oor die standbeeld van Rhodes gegooi het. Maxwele het aan The Times gesê hy wil die skeiding tussen swart en wit studente by die Universiteit van Kaapstad beëindig en wit kultuur wat nog by die instelling heers, uitroei.

In ‘n poging om die protes aan te spreek, het die visekanselier Max Price ‘n plan vir die omstrede standbeeld aangekondig.

Price het gesê hy is ten gunste van die verskuiwing van die standbeeld, wat hy beskryf as ‘n “simbool van die Universiteit van Kaapstad se koloniale verlede”.

Price het Rhodes se rol in die skepping van Kaapstad en die vasteland egter geloof. Hy het gesê dat hy daarom nie dink die standbeeld moet vernietig of weggesteek word nie. “Dit moet verskuif word. Maar dit sal nie ons vermoë aantas om die rol wat Rhodes gespeel het in die stad en vasteland se geskiedenis te debatteer nie.”

Maar die swart VSR-president Ramabina Mahapa beskryf die nuwe plan as “niksseggend”.

Nege voormalige studenteraadvoorsitters van die Universiteit van Kaapstad het ‘n ope brief aan die Raad van die Universiteit gerig wat hul steun vir die verwydering van die standbeeld gee.

Die Wes-Kaap se erfeniswoordvoerder Andew Hall het gesê omdat die standbeeld ‘n “ikoon van nasionale erfenis” is, is insette nodig is van alle belanghebbendes.

“Dit kan nie net afgebreek word. Die Universiteit sal ‘n permit moet kry voordat enige veranderings aangebring word.”

Die DA se bruin federale voorsitter Wilmot James, en ‘n voormalige dekaan van geesteswetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad, het ook Rhodes se koloniale projek veroordeel.

“Cecil John Rhodes het vreeslike dinge as deel van sy koloniale projek gedoen,” het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.