Spioenasie-beskuldigings kan tot OB-skorsing lei

Deel op

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het gesê sy vermoed die motief vir die ondersoek na bewerings dat sy vir die CIA spioeneer, kan tot haar skorsing lei, het 702 se Eyewitness News berig.

“Ek dink die motief was om my te dwing om ‘n ondersoek te vra en sodoende aan die president ‘n rede te verskaf om my te skors hangende die ondersoek,” het Madonsela in die radio-onderhoud gesê.

Volgens Madonsela het sy nooit ‘n ondersoek aangevra nie, en die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) het verkeerd opgetree deur te sê hy sal ondersoek instel “bloot omdat iemand die bewerings gemaak het”.

Sy sê die ondersoek kan gebruik word as ‘n verskoning vir die agentskap om haar fone af te luister en elektroniese pos te onderskep, en bygevoeg dat dit haar kantoor sal ondermyn, omdat sy vertroulike kommunikasie as deel van haar ondersoeke hanteer.

Die bewerings teen Madonsela het konsternasie onder haar linkse wit ondersteuners veroorsaak en oproepe is gemaak om haar te “beskerm”. Intussen wil gerugte dat Madonsela ‘n politieke krisis sal verwelkom omdat sy haar oog op die land se presidentskap het, ook nie gaan lê nie.

Sy het gesê die ondersoek is ‘n poging om haar kantoor te ondermyn, maar bygevoeg: “Ons kyk na dinge en as daar nie iets is waarmee ons kan werk nie, dan gaan ons nie daarmee voort nie.”

Die SSA het verlede week aangekondig dat hy bewerings van spioenasie teen Madonsela, Julius Malema, Lindiwe Mazibuko en Joseph Mathunjwa ondersoek. Die staat glo hulle word moontlik met destabiliseringsveldtogte vir buitelandse belange verbind.

Brian Dube, woordvoerder van die SSA, het gesê die bewerings teen die vier het die SSA gelei na ’n WordPress-webjoernaal genaamd africainteligenceleaks.wordpress.com.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.