Skietery in Swede se immigrantenes eis twee

Deel op

Minstens twee mense is dood ná ‘n skietery by ‘n restaurant in Göteborg in Swede.

Die polisie sê outomatiese wapens is na bewering in die aanval gebruik. Ooggetuies sê die aanvallers was twee mans gewapen met Kalasjnikofs.

Göteborg is die tweede grootste stad in Swede, en ‘n immigrantenes van werkloosheid en geweld.

Die area waar die skietery plaasgevind het, Biskopsgaarden, het ‘n geskiedenis van nie-blanke bendegeweld. ‘n Staatsbehuisingskompleks vir die groot immigrantebevolking word deur hoë werkloosheid gekenmerk.

‘n Polisiewoordvoerder sê daar is geen aanduiding dat die voorval ‘n terreuraanval was nie. Verskeie mense is in die hospitaal opgeneem.

Die polisie kon nie bevestig hoeveel gewapende aanvallers daar was nie, maar het in ‘n verklaring gesê dat die dodetal na verwagting sal styg.

Nooddienste het gesê agt mense is na die hospitaal gebring deur ambulanse en ander Sweedse media berig dat twee dood is.

Swede en die naburige Denemarke het ‘n jarelange probleem met misaad deur kriminele bendes, insluitende Hells Angels, Bandidos, almal immigrante-groepe wat om die beheer van die land se dwelmhandel veg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.