SA vaar goed op BRICS-indeks

Deel op

Suid-Afrika is die tweede beste presteerder onder BRICS lande ten opsigte van die omskakeling van regstreekse beleggings na maatskaplike vooruitgang, het RSG berig.

Dié prestasie is gegrond op die bevindings van ouditeure van Deloitte.

Volgens ‘n maatskaplike vorderings-indeks is Suid-Afrika op 63 punte, wat sewe indekspunte laer as Brasilië is.

Rusland, China en Indië is na Suid-Afrika op die indeks.

Die BRICS lande is onder die top 30 ontvangers van buitelandse beleggings, maar bly agter as dit by maatskaplike vordering kom.

Suid-Afrika het die beste gevaar in die toegang tot basiese kennis, voeding, basiese gesondheidsorg en toegang tot inligting.

Die land het egter swak gevaar in die volhoubaarheid van die ekostelsel, toegang tot gevorderde onderwys en persoonlike veiligheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.