Eskom gebruik gas om ligte aan te hou

Deel op

Die maatskappy Sunbird Energy wat in Australië genoteer is, het ooreengekom om gas aan Eskom te verskaf in ooreenstemming met die kragverskaffer se planne om eerder gas te gebruik om sy kragopwekkers aan te dryf as diesel.

Eskom moes die afgelope tyd swaar steun op sy diesel-aangedrewe turbines om die ligte aan te hou, het RSG berig.

Sunbird sê sy Ibhubesi gasprojek in Suid-Afrika sal Eskom se Ankerlig kragstasie in Atlantis vir tot 15 jaar van 30 miljard kubieke voet gas voorsien.

Ankerlig gebruik diesel sedert dit in 2007 gebou is.

Sunbird sê die verskaffing van gas aan Ankerlig sal Eskom in staat stel om aansienlike besparings met sy brandstofkoste te bereik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.