Twee mans geskiet op N1 in Johannesburg

Deel op

‘n Voertuig is Dinsdagaand in ligte laaie gelaat op die N1 naby die Maraisburg-afrit in Johannesburg, nadat die insittende doodgeskiet is.

‘n Tweede man wat stilgehou het om hulp te verleen, is ook geskiet.

Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die eerste insittende is van die pad gedwing voordat hy doodgeskiet geskiet is en sy motor daarna aan die brand gesteek is.

Die insittende was glo die 58-jarige Sam Moloto wat voorheen ‘n polisielid was wat georganiseerde misdaad ondersoek het. Hy het vyf jaar gelede bedank, maar sy huis in Soweto was glo besonder goed beveilig.

Volgens Makhubela is ‘n tweede motoris, wat stilgehou het om hulp te verleen ook geskiet en vir dood in sy voertuig agtergelaat.

Makhubela het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.