Owerhede in Zimbabwe is besig met ‘n veldtog teen rondloperhonde, “Operation Tie Up Order”, ondanks ‘n hewige reaksie van dierebeskermingsaktiviste.
Sowat 160 honde is in Bulawayo doodgeskiet in ‘n poging om die verspreiding van hondsdolheid te voorkom.
“Ons het reeds 160 honde van kant gemaak en hoop om nog rondloperhonde dood te skiet,” het Edwin Sibanda, senior gesondheidsbeampte in die Bulawayo-stadsraad, aan die Chronicle-koerant gesê.
“Ons het die veldtog tydelik opgeskort weens ‘n tekort aan geweerpatrone, maar ons het weer ons werk hervant. Ons besef dat ons nou net ‘n paar rondloperhonde in die stad het, en dit is goed.”
Aktiviste het die gebruik van vuurwapens om die hondeprobleem op te los, veroordeel. Hulle het gesê honde moet liefs gevang en uitgesit word.