Ma byt kind glo dood

Deel op

‘n Swart ma, 24, van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat sy glo haar eenjarige kind gewurg en doodgebyt het.

Die beskuldigde, wie se naam nie bekend gemaak mag word totdat sy in die hof verskyn het nie, is Woensdagoggend by haar huis in Zibokwane in hegtenis geneem.

Lede van die gemeenskap het berig dat sy haar dogter in die vroeë oggendure aangeval het.

“Ons het ‘n vrou in hegtenis geneem wat vermoedelik haar dogter vermoor het,” het Mzwandile Nyambi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die vrou is vermoedelik geestelik versteurd.”

Die dogtertjie het op die grond gelê toe die polisie by die toneel opgedaag het. Sy het bytmerke aan haar bors en krapmerke in haar nek gehad.

“Die beskuldigde is onder polisiebewaking na ‘n plaaslike hospitaal geneem,” het Nyambi bygevoeg.

Velisiwe Mdaka, Tonga-stasiebevelvoerder, het die gemeenskap versoek om na verstandelik gestremde persone om te sien om soortgelyke voorvalle te voorkom.

Die vrou sal na verwagting in die hof verskyn sodra sy uit die hospitaal ontslaan word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.