‘Dagga-kleuter’ opgespoor

‘n Vierjarige bruin kleuter wat glo deur ‘n ouer sibbe gedwing is om dagga te rook, is opgespoor, het die departement van maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap, Woensdag verklaar.

“Die ministerie is Dinsdag in kennis gestel van ‘n 17-jarige tiener wat foto’s op sosiale media gelaai het waar hy glo sy vierjarige sussie aansê om dagga te rook,” het LUR Albert Fritz in ‘n verklaring gesê.

“Ons maatskaplike werkers van die betrokke streekskantoor is dadelik ontbied en ‘n ondersoek is geloods om te bepaal waar die kleuter haarself bevind.”

Die soektog was ‘n uitdaging, omdat inligting skraps was en geen adres verskaf is nie.

Volgens Fritz het maatskaplike werkers die kleuter Woensdag opgespoor en die kind se ma genader om haar verantwoordelikhede op te neem. “Die polisie is ook in kennis gestel want die 17-jarige is by bende-bedrywighede betrokke.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.