Biobrandstofbedryf wag in spanning

Deel op

Die regering gaan moet klarigheid gee oor pryse en subsidies vir die biobrandstofbedryf, indien hy die 1 Oktober 2015 sperdatum vir die implementering van sekere wetgewing rakende die bedryf wil haal, het OFM berig.

Die uitvoerende hoof van Graan SA, Jannie de Villiers, het vanoggend in Bloemfontein gesê dié wetgewing behels onder meer, dat oliemaatskappye teen Oktober moet begin om klein persentasies biobrandstof in te meng by gewone brandstof.

Hy sê die graanbedryf het reeds begin voorberei.

De Villiers sê almal, insluitend beleggers wat beoog om biobrandstof-aanlegte te bou, wag op die minister van energie om ‘n aankondiging te maak.

“Ek kan nie sien dat ons die datum van Oktober 2015 gaan haal nie, selfs al sou die staat dit nou aankondig – die aanlegte neem ‘n jaar of twee om gebou te word omdat dit baie kompleks is.”

Hy sê ten spyte van die onsekerhede is die graanbedryf steeds baie optimisties. “Die biobrandstofbedryf kan nuwe werksgeleenthede skep en kan veroorsaak dat die land groener raak.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.