Bibi wen met harde woorde teen Palestyne

Deel op

Die Israelse premier, Benjamin Netanyahu het ‘n oorwinning verklaar vir sy Likud-party in die land se verkiesing.

Likud het 30 setels in Israel se Knesset ingepalm en die sentrum-linkse Sioniste-unie-party onder leiding van sy grootste mededinger, Isaac Herzog het slegs 24 setels gewen.

Die mees onlangse peilings toon dus dat hy sy linkse opponente se voorsprong uit die weg geruim het.

Netanyahu het op die vooraand van die verkiesing skerp regs beweeg deur enige verbintenis tot onderhandelinge vir ‘n Palestynse staat te laat vaar.

Netanyahu het die hand gereik na ander partye om ‘n koalisie-regering op die been te bring.

Hy sal na verwagting binnekort harde uitsprake teen die Palestyne terugtrek om die VSA tegemoet te kom, het ‘n voormalige Israelse ambassadeur na Washington, Danny Ayalon gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.