Mosie van wantroue teen Zuma misluk

Deel op

Alhoewel Mmusi Maimane, die DA se parlementêre leier, President Jacob Zuma ‘n dief genoem het, tydens die nasionale vergadering se debat oor ‘n mosie van wantroue in die president, was dit nie genoeg vir die mosie om te slaag nie.

Maimane het gesê Zuma het belastingbetalers se geld gesteel om Nkandla te bou.

Speaker Baleka Mbete het Maimane versoek om sy uitlatings terug te trek nadat Stone Sizani, die ANC se hoofsweep, kapsie gemaak het.

John Steenhuisen, die DA se hoofsweep, het op ‘n punt van orde gesê die parlement is ondergeskik aan die beslissings en bevindings van die Grondwethof. Mbete het egter gesê die parlement word deur sy eie reëls bedryf.

Na verskeie punte van orde het Maimane sy uitlating dat Zuma ‘n dief is teruggetrek en weer ‘n beroep op LP’s gedoen om hul gewete in gedagte te hou wanneer hulle stem.

Die mosie is later verwerp. ‘n Totaal van 221 LP’s het teen die mosie gestem, 113 LP’s was ten gunste daarvan terwyl agt LP’s buite stemming gebly het.

Die stemmery is vertraag nadat gevind is dat die elektroniese stemstelsel nie werk nie. Die minister van behuising, Lindiwe Sisule het in reaksie gesê sy is nie verras dat die mosie verslaan is nie.

Sisulu sê die ANC sal sorg dat die parlement nie in ‘n sirkus ontaard nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.