Brandstof gaan glo verder styg

Deel op

Die die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) sê die prys van petrol sal na verwagting in April vir die tweede agtereenvolgende maand die grootste nominale maandelikse styging in die geskiedenis toon.

Die prys van 95-oktaan petrol sal op 1 April waarskynlik met sowat R1,55 per liter styg, terwyl die prys van 93-oktaan petrol met sowat 5c minder sal styg. Daarby sal die groothandelprys van diesel waarskynlik met sowat R1,15 per liter styg.

Volgens Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die SNI, sal dit gebeur indien die afgelope paar dae se ietwat laer rand-oliepryse volgehou word tot volgende Donderdag. Indien dié tendens omswaai, kan die stygings nog hoër wees.

“’n Deel van hierdie stygings is afkomstig van die 80,5c hoër regeringsheffings op brandstof wat deur die minister van finansies in sy begrotingstoespraak aangekondig is. Die res van die stygings sal weens die hoër oliepryse in Maart wees, asook die verswakking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar,” sê Joubert.

Joubert meen dit is nog te vroeg om te voorspel wat presies met plaaslike brandstofpryse gaan gebeur. “Selfs indien oliepryse egter gedurende die res van Maart daal tot die uiters lae vlakke van rondom $46 per vat, wat in middel Januarie gesien is, sal die prys van petrol steeds met sowat R1,40 per liter styg,” sê Joubert.

Die departement van energie sal die finale aankondiging oor die brandstofprysveranderinge op 27 Maart maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.