Minibus byna deur huismuur

Deel op

Die bestuurder van ’n Quantum minibus-taxi het Dinsdagmiddag deur ‘n heining gejaag en teen ’n huismuur in Les Marais tot stilstand gekom.

Polisiewoordvoerder Sersant Anne Poortman sê die bestuurder is na ‘n nabygeleë hospitaal vir mediese behandeling geneem.

Gert Venter, ’n ooggetuie, vermoed die bestuurder het ’n voertuig probeer verbysteek en te laat besef daar is ’n aankomende voertuig reg van voor op pad. “Hy het die aankomende voertuig net betyds gesien en hasepad na regs gekies om ’n ongeluk te vermy. Die naaste uitweg was die heining van die huis op die hoek,” het hy gesê.

Poortman sê daar was geen ander beserings nie.

Bron: Pretoria Moot Rekord

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.