Aangeklaagde se sjarme sorg vir groot vermaak

Deel op

André Brand wat aangekla word vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen nadat hy vroeg vanjaar skote op sy buurman se aanvallers geskiet het, het vir ‘n paar komiese oomblikke tydens sy hofverskyning in Nelspruit (Mbombela) verlede week gesorg.

Sy regsverteenwoordiger het maar op haar plek bly sit toe hy skalks aankondig dat hy alweer in die moeilikheid is.

Brand het vroeër aan Laevelder vertel dat hy die ongelisensieerde vuurwapen gebruik het om ‘n waarskuwingskoot af te vuur toe sy bure se huishulp by hom kom aanklop het. “Sy het gille in hulle huis gehoor terwyl drie mans besig was om hulle te beroof. Ek het die .22 gaan haal en gesien hoe die drie met my bure, die Cronjé’s, se voertuig uit die erf ry.” Die rowers het twee skote in sy rigting afgevuur. “Ek het een waarskuwingskoot in die lug afgevuur, waarna hulle uit die voertuig gespring en gevlug het.”

Brand het vlugtig op 27 Februarie in die hof verskyn en moes Dinsdag terugkeer. “Good morning, my beautiful lady. I’m always in trouble as usual,” het hy die swart landdros begroet.

Die vroue-landdros wou weet waarom hy kwansuis altyd in die moeilikheid is: “Is it your temper? Do you have one?”

Brandt het kalm geantwoord: “No, your worship, it just seems as if I’m always on the wrong side of the law.” Hy het ‘n regshulpraadprokureur, waarna die landdros verwys het, gevra: “Is this beautiful woman your attorney?”

Brandt het ook met ‘n vinger na iemand anders beduie en gesê “That young woman is my attorney.”

Die saak teen hom is vir verdere ondersoek tot 30 April uitgestel. Hoewel hy vroeër ‘n hofverskyning misgeloop het omdat hy en die landdros verskillende hofdatums in hul dagboeke aangeteken het, is Brandt nie meer hieroor in die sop nie.

Hy het kennis geneem van die terugkeerdatum vir die saak en het die hof verlaat met ‘n vriendelike: “Thank you very much, enjoy your day. Bye.”

Bron: lowvelder.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.