Steve weer by AIG

Deel op

Suid-Afrika se gewildste sanger sal weer by een van die gewildste Afrikaanse musiekkonserte optree. AIG het verlede week op Facebook aangekondig dat Steve Hofmeyr weer sal deelneem.

“AIG het gedoen wat geen ander instelling wat boikot, gedoen het nie. Hulle was eerbaar. Hulle het my gevra of ek rassisties is en ek het geantwoord,” het Hofmeyr aan Beeld gesê.

“Hulle aanvaar nie ’n verhoor-deur-die-media nie en ook nie die woord van elke agterbakse komediant as evangelie nie. Uit die reaksie van my eie konserte sou ek raai dat AIG groter as ooit gaan wees,” het Hofmeyr gesê.

Jaguar Land Rover Suid-Afrika en Pick n Pay het intussen aangedui dat hulle nie hul borgskappe gaan hernieu nie.

Albei maatskappye het verlede jaar gesê hulle gaan die AIG-borgskap hersien na aanleiding van die sanger Steve Hofmeyr se “omstrede menings”. Dit sluit klaarblyklik in dat die sing van Die Stem, wat amptelik deel van die nuwe volkslied is, ook verbode is.

Lesley Sutton, bestuurder van mediabetrekkinge van Jaguar Land Rover Suid-Afrika, sê hulle “internasionale vennootskap” met die Wêreldbeker-rugbytoernooi en ‘n vennootskap met die Bloodhound SSC-wêreldlandspoedrekordpoging gebeur op dieselfde tyd as die AIG-konserte.

Land Rover het glo Bobby van Jaarsveld van ‘n ryding voorsien.

Verlede jaar het Land Rover in ’n verklaring gesê: “Die goed gepubliseerde persoonlike menings van die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar (Hofmeyr) het die Afrikaanse musiekbedryf en die reputasie van sy kollegas in die gedrang geplaas en so ook dié van die borge wat die konsert moontlik maak.”

Hofmeyr het in Oktober verlede jaar swart rassisme aan apartheid verbind in ‘n twiet. Dié opmerking was waarskynlik vir sommiges te na aan die waarheid.

‘n Mislukte buikspreker het daarna die borge van die AIG-konserte genader in die hoop om swart punte aan te teken vir sy kwynende gewildheid met beskuldigings van “rassisme”, maar dit vinnig uitgebrei na alles wat met Afrikaners en Afrikaans verband hou.

Die sukkelende wit komediant wou die borge dwing om hul “assosiasie” met ’n “apartheid-ontkenner” en “wit heerssugtige” te beëindig. Die sensuuroefening het tot ‘n onbedekte uitbarsting van Boerehaat op sosiale media en in die dooieboommedia gelei.

Dr Dan Roodt het namens Hofmeyr, onsuksesvol probeer om ‘n tweede permanente beskermingsbevel teen die buikspreker Conrad Koch te kry om sy volgehoue haatveldtog te staak.

Roodt het twee maande gelede reeds die redes skriftelik van die Indiër-landdros aangevra, maar sonder sukses.

Die eerste aansoek om die buikspreker se anti-Afrikaanse en lasterlike veldtog teen Hofmeyr te keer, was egter suksesvol en het meegebring dat die AIG-konsert kon voortgaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.