Bibi op ‘n mespunt

Deel op

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu se beloftes om die skepping van ‘n Palestynse staat te keer, is ongewild by kiesers in sy land.

Hy het in ‘n laaste poging om steun te werf voor vandag se verkiesing gesê hy sal geen Palestynse staat toelaat indien hy herkies word nie.

Netanyahu het gewaarsku dat enigeen wat ‘n Arabiese tuisland tot stand sou bring, die gevaar loop om ‘n platform vir radikale elemente te skep waarvandaan aanvalle geloods kan word, maar talle kiesers is moeg vir die boodskap.

Netanyahu se grootste teenstander, Isaac Herzog het kiesers aangemoedig om die eerste minister se ses jaar-lange bewind te beëindig.

Herzog en die voormalige minister van justisie, Tzipi Livni se Zionistiese Alliansie het onderneem om die vredesproses met die Palestyne te hervat indien hulle die verkiesing wen.

Volgens peilings kan Herzog en Livni tussen 24 en 26 setels in die parlement wen, teenoor Netanyahu se sowat 23.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.