Bek-en-klouseer glo onder beheer in twee provinsies

Deel op

Die minister van landbou, Senzeni Zokwana sê bek-en-klouseer in Bambanani in KwaZulu-Natal, Mhinga in Limpopo en Marite in Mpumalanga is onder beheer, het RSG berig.

Hy het in Pretoria gesê dit volg na veldtogte in die gebiede om die siekte te beheer.

Bek-en-klouseer in Suid-Afrika het in 2011 aanvanklik in KwaZulu-Natal uitgebreek.

Dit het meegebring dat alle uitvoer van rooivleis en ander landbouprodukte verbied is. Die verbod is intussen opgehef.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.