Nigeriese dwelmhandelaars vas

Deel op

Drie van sewe Nigeriese mans is in hegtenis geneem vir beweerde dwelmhandel in Noordwes en het Maandag in die Vryburg-landdroshof verskyn, het die polisie gesê.

Hulle is verlede week in Mahikeng, Vryburg, en Lichtenburg in hegtenis geneem, het kol Sabata Mokgwabone gesê.
 
Nigeriese burgers Ikechukwu Julius Darlington Abatube, Theopilus Okechuku Odimegwu en Valentine Obiefona Awayiaka het Maandag in die hof verskyn en sal in aanhouding bly tot hul borgtogaansoek op 23 Maart.
 
Polisie het beslag gelê op kat, kristalle, kokaïen, Mandrax en Ecstasy ter waarde van honderde duisende rande tydens klopjagte in die drie dorpe verlede week.
 
Beslag is gelê op ‘n Toyota Yaris, Fiat Palio en Volkswagen Polo Vivo ter waarde van R335 000 tydens die operasie.
 
Hulle het na bewering die dwelms uit Hillbrow, Johannesburg gebring en hulle versprei aan handelaars op die platteland.
 
Ugochukwu Stephen, Chibuike Vincent Mbagu en Nkem Eric Nwaokearu verskyn Vrydag in die Mmabatho-landdroshof.
 
Hulle sal in aanhouding bly tot hul borgtogaansoeke op 24 Maart.
 
Die sewende man, Emeziem Berthrand Ogugiuba, verskyn Vrydag in Lichtenburg-landdroshof. Hy sal na verwagting om borgtog aansoek doen op 18 Maart.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.