Le Cl?zio bekroon met Nobelprys vir letterkunde

Deel op

Image

Jean-Marie Gustave Le Cl?zio

Die gewilde Franse skrywer Jean-Marie Le Clézio (68) het die Nobelprys vir letterkunde vir 2008 gewen. Hy is die eerste Franse skrywer wat die toekenning kry sedert die Chinees gebore Fransman, Gao Xingjian, die prys in 2000 verower het.

Deel op
Die Sweedse Akademie het sy werk beskryf as "poëtiese avontuur en sensuele ekstase, wat die mensdom verby en onder die huidige beskawing verken". Le Clézio het in 1980 bekendheid verwerf met sy roman wat oor die woestyn van Noord-Afrika handel. Daarin beskryf hy die swaarkry van Lalla, 'n vrou van die Toearegstam wat moet aanpas by die Franse koloniale lewe aan die begin van die twintigste eeu.

Die Akademie se permanente sekretaris Horace Engdahl het Le Clézio geloof as 'n veelsydige outeur omdat hy ander beskawings en ander leefwyses wat afwyk van die Westerse manier van doen, in sy werk insluit.

купить комплектующие для инструментальных тележекАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.