Eskom-bonusse buitensporig

Deel op

Dit blyk dat tien van Eskom se senior amptenare verlede jaar ‘n bonus van miljoen rand elk ontvang het benewens hulle salarisse van meer as drie miljoen rand elk.

Die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown het in reaksie op ‘n geskrewe vraag in die parlement dié astronomiese vergoedings vir ‘n sukkelende instelling bekend gemaak.

Die onthulling is gemaak te midde van verdere omstredenheid oor ‘n ondersoek na Eskom wat deur die voorsitter van Eskom se raad, Zola Tsotsi gelei sal word.

Politieke partye dring aan op ‘n onafhanklike ondersoek.

Verlede week het Tsotsi onverwags aangekondig dat Eskom se bestuurshoof en drie senior bestuurslede geskors is.

Opposisiepartye het intussen aangedui dat die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela genader sal word om dringend in te gryp omdat Eskom self betrokke gaan wees by die ondersoek na sy probleme.

Eskom het Maandag mediaberigte ontken dat Tsotsi, homself ‘aan hoof geplaas het’ van ‘n subkomitee van Eskom se raad en dat hulle volmag gaan hê om ondersoekers aan te stel.

News24 het berig dat Tsotsi en die komitee net ‘n ‘oorsigrol’ gaan speel.

Opposisielede sê dit is duidelik dat Eskom die totale ondersoek wil orkestreer terwyl dit in landsbelang is dat ‘n behoorlike, onafhanklike ondersoek gedoen word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.