Eiendom: die wêreld se 10 duurste stede

Deel op

Hier volg die wêreld se tien duurste stede wat residensiële eiendom betref, genommer vanaf 10 tot 1. Telkens gaan dit om die aantal vierkante kilometer wat ‘n mens met een miljoen VS$ sal kan koop.

10. Sjanghai. Hier kan ‘n mens net 46,2 vierkante meter se eiendom in ‘n goeie deel met een miljoen dollar koop.

9. Moskou. Vir $1m kan jy slegs 43 vierkante meter in ‘n snobdeel van die Russiese hoofstad bekom.

8. Parys. Met een miljoen dollar kan jy net 41,7 vierkante meter in Parys se 7de distrik (arrondissement) bekostig.

7. Sydney. In Doer Onder se duurste stad, sal jou een miljoen dollar net 41,2 vierkante meter koop.

6. New York. Manhattan is die wêreld se finansiële hoofstad en hier kan jy darem nog 40,2 vierkante meter met ‘n miljoen dollar koop.

5. Genève. As jy ‘n uitsig oor die Lehman-meer in Genève wil hê, sal ‘n miljoen dollar jou net 34,7 vierkante meter daarvan gee.

4. Singapoer. Daar is nie baie plek op dié Verre-Oosterse eilandstad nie, dus gaan een miljoen dollar net 32,6 vierkante meter se ruimte hier kan koop.

3. Londen. In die meer gesogte dele van die Britse hoofstad is eiendomspryse hemelhoog. Dus sou een miljoen dollar bloot ‘n eenmanwoonstel van 25,2 vierkante meter verseker.

2. Hong Kong. Hier moet jy liefs nie baie klere in jou kaste hê nie, want vir een miljoen dollar kry jy net 20,6 vierkante meter.

1. Monaco. Speelplek van die rykes en verreweg die duurste stad ter wêreld. Vir een miljoen dollar ontvang jy in ruil slegs 15 vierkante meter, darem genoeg om ‘n bed en ‘n wasbak in te pas.

Hoewel daar tans van ‘n “herlewing” van die middestad van Johannesburg gepraat word, behaal selfs nuwe eiendomme daar slegs R1000 per vierkante meter, rofweg $100 per vierkante meter. Dit is 250 keer goedkoper as die meeste van die toptienstede wat hier bo genoem word, want in die middestad van Johannesburg sou jy vir een miljoen dollar ‘n hele gebou kon koop, oftewel 10 000 vierkante meter!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.