Een terroris onthou ‘n ander

Deel op

Die minister van minerale hulpbronne Ngoako Ramatlhodi het uit Londen gesê dat hy uiters geskok is oor die dood van sy vriend van veertig jaar en medeterroris, Collins Chabane.

Hy het gesê hy het Chabane Donderdag vir die laaste keer in die parlement gesien, maar het nie ‘n kans gekry om met hom te gesels nie.

Ramatlhodi, wat in Londen ‘n konferensie bywoon, het gesê hy is platgeslaan deur Chabane se dood.

“Dit is net so ‘n groot skok,” het Ramatlhodi gesê.

Chabane en Ramatlhodi het by die Universiteit van die Noorde (nou die Universiteit van Limpopo) in 1977 ontmoet. Ramatlhodi was destyds die voorsitter van die universiteit se kultuurvereniging.

“Destyds was hy [Chabane]’n akteur. Hy het geskryf en geregisseer,” het Ramatlhodi gesê.

Ramatlhodi was deel van die anti-apartheidbeweging se ondergrondse bedrywighede. Hy het Chabane tot die rewolusie bekeer en hom gewerf hom vir die verbode terreurorganisasie, die ANC.

“Hy was ‘n bietjie aan die rustige kant, maar kon ook ‘n groot toneelspeler wees wat gedans en musiekinstrumente gespeel het.”

Dit is nie bekend watter instrumente Chabane bemeester het nie.

Chabane het die land in 1979 verlaat om militêre opleiding in die buiteland te ondergaan sodat hy terreur in Suid-Afrika kon kom pleeg.

Hy is met sy terugkeer in hegtenis geneem en eers vrygelaat in 1990.

‘n Jaar later het hy op die ANC se nasionale uitvoerende komitee gedien, waarvan Ramatlhodi ook ‘n lid was.

Chabane het ook as LUR gedien in Ramatlhodi se provinsiale kabinet in Limpopo.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.