Nissan begin jaar goed met nuwe NP200-bakkie

Nissan het besluit om ‘n spesiale weergawe van die baie gewilde NP200 bekend te stel. Hulle noem die uitgawe die “Stealth”.

Die Nissan NP200 Stealth verkoop teen R168 000 en dit sluit ‘n rits fabrieksgemonteerde bybehore in.

Nissan NP200 StealthDie halfton bakkie is gemik op die leefstylsegment van die mark. Die Stealth is toegerus met ‘n 1,6-petrolenjin. Alhoewel dit in die halftonsegment van die mark meeding, het die NP200 eintlik ‘n drakapasieteit van 800kg, dieselfde as meeste dubbelkajuitbakkies wat heelwat groter is.

Standaardtoerusting in die Stealth is lugversorging, ABS-remme en twee lugsakke asook donkergrys bakverf, ‘n sportrolstaaf op die bak en gelykpassende seiltjie wat die laaibak mooi netjies toemaak. Daar is ook ‘n baie prominente stootstaaf op die neus gemonteer en ‘n bakkleursierrooster. Nissan het besluit om ‘n donker kleur vir beide die rolstaaf en die stootstaaf te gebruik om die “stealth”-element na vore te bring. Dit gee die bakkie dan ook heelwat meer teenwoordigheid op die pad, veral as jy voor hom ry en die aggresiewe voorkoms in jou truspieëltjie agter jou gewaar.

Nissan NP200 Stealth van kant afDaar is ook spesiale donker allooiwiele met rooi aksentmiddeldoppe, donker gekleure ruite wat met breekwerende film versterk is en “Stealth”-kentekens langs die kante en agter op die bak wat die Stealth-weergawe van die normale NP200 onderskei.

Om alles te kroon, het Nissan dagryligte ook bygevoeg juis om die Stealth van die minder opsigtelike gewone NP200-bakkies te onderskei. Daar is ook ‘n paar ektra bybehore aan die binneruim van die Stealth bygevoeg, onder andere ‘n Alpine-radio met bloutande en ‘n USB-koppelstuk. Die sitplekke is oorgetrek met spesiale ekovriendelike leer met titanium-kleurinsetsels en Stealth-embleme wat daarop geborduur is. Die vloermatjies het ook dieselfde Stealth-embleem wat daarop verskyn.

Nissan het die Stealth met afstandbeheerde sentralesluiting toegerus.

Teen slegs R168 000, sluit dit ‘n Nissan-6-jaar / 150 000 km-waarborg in.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.