Kremlin ontken gerugte oor Poetin se gesondheid

Deel op

Pres. Wladimir Poetin se woordvoerder­ het gerugte ontken wat op die internet oor die Russiese staatshoof se gesondheid versprei is.

Dmitry Peskof het Donderdag aan die Ekho Moskvy-radiostasie­ gesê die president is “absoluut gesond en bygevoeg dat sy handdruk nog só ferm is “dit kan jou hand breek. Peskof se kommentaar­ is met verwysing­ na die Kremlin se gewone reaksie op vrae oor die gesondheid­ van die voormalige­ president­, Boris Jeltsin, wat gedurende­ sy ampstermyn­ ’n hartoperasie­ ondergaan­ het.

Peskof het ook gesê Poetin sou nie by ’n vergadering met die Federale Veiligheidsdiens wees nie, al woon hy dit gewoonlik by.

’n Aankondiging wat Woensdag deur die Kremlin uitgereik is dat Poetin ’n reis na Kasakstan uitgestel­ ­het, het gerugte aanlyn ontketen met sommige mense wat gis dat Poetin ernstig siek is, en ander wat meen hy beplan om ’n bekende persoon in die regeringte ontsetel.

Britse nuusbronne het berig dat Poetin “nog lewe” maar “geneutraliseer” is in ‘n staatsgreep in Moskou.

‘n Voormalige veiligheidshoof sit glo volgens die Britse nuusbronne agter die komplot.

Poetin is laas op 5 Maart in die openbaar gesien toe hy die Italiaanse­ eerste minister, Matteo Renzi, in Moskou ontmoet het.

Die Kremlin se mediadiens het Woensdag ’n foto vrygestel van ’n vergadering tussen Poetin en die Karelia-streek se goewerneur­.

Plaaslike­ nuusagentskappe het egter reeds op 5 Maart oor dié ontmoeting­ gerapporteer.

Die Russiese nuusagentskap RBC het ’n anonieme bron in die Karelia-streekkantoor­ aangehaal wat gesê het die vergadering het al op 4 Maart plaasgevind.

Intussen is berig dat ‘n brand naby die Kremlin uitgebreek het in die Novodevichy-klooster.

Die presidente van Rusland, Wit-Rusland en Kasakstan sal in Astana op 20 Maart ontmoet, het die nuusagentskap Novosti Maandag berig.

Dié ontmoeting wat op 13 Maart sou plaasvind, is eers uitgestel, maar die Russiese afvaardiging het reeds hul deelname bevestig in Kazakhstan se hoofstad en Poetin se verskyning sal ‘n einde aan die gissings maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.