Biltong lei tot moord

Deel op

‘n Man van Ventersburg in die Vrystaat is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy susterskind, glo na ‘n stryery oor biltong, het OFM berig.

Makatisi Khumalo (59) het Vrydag in die Ventersburg-landdroshof verskyn. Hy moet op 24 Maart weer in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog.

Vrystaat polisiewoordvoerder, Mamello Mokhuoane, het in ‘n verklaring gesê die polisie is Dinsdagaand omstreeks 19:30 na ‘n huis in Mamahabane ontbied nadat ‘n voorval van huishoudelike geweld aangemeld is.

Toe die polisie en paramedici by die toneel opgedaag het, het hulle Mmatsiu Snanh Tsiu (43) in ‘n plas bloed op die trappies voor die huis aangetref. Sy het meswonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Khumalo het gevlug, maar die polisie het hom nie ver van die toneel af nie, aangekeer.

Die twee het glo oor vier stukkies biltong gestry. ‘n Ooggetuie het aan die polisie gesê Khumalo het Tsiu daarvan beskuldig dat sy sy biltong gevat het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.