VSA ontken dat Sierra Leone se adjunkpresident asiel vra

Deel op

Die Verenigde State van Amerika het Sondag ontken dat die vise-president van Sierra Leone, Samuel Sam-Sumana by die Amerikaanse ambassade in Freetown skuil.

Sierra Leone sukkel steeds met die Ebola-epidemie wat sedert verlede jaar woed.

‘n Amerikaanse amptenaar het gister bevestig dat die Amerikaanse ambassade in aanraking was met al die betrokke amptenare.

Die Amerikaanse regering het alle betrokkenes aangemoedig om die situasie op te los deur middel van wettige middele en om die oppergesag van die reg te respekteer.

Sam-Sumana Saterdag het Saterdag om asiel in die Verenigde State van Amerika aansoek gedoen. Hy beweer dat sy lewe in gevaar is. Sierra Leone se regerende party het ontken dat die vise-president bedreig word.

Sam-Sumana is op 6 Maart uit die regerende All People’s Congress-party geskors wat hom daarvan beskuldig dat hy “politieke geweld orkestreer” en probeer om ‘n nuwe party in sy tuisdistrik te vorm.

Sam-Sumana het die Amerikaanse ambassadeur Saterdag vir asiel gevra nadat soldate by sy woning opgedaag het en sy veiligheidswagte ontwapen het.

Hy het aan Associated Press gesê dat hy nie meer veilig voel in die land nie.

Hy sê hy is in kennis gestel deur top-amptenare in die presidensiële wag dat die soldate op die bevele van President Ernest Bai Koroma optree.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.