Sekwestrasiebevel teen Malema glo hersien

Deel op

‘n Voorlopige sekwestrasiebevel teen die leier van die EFF, Julius Malema sal na verwagting vandag in die Hooggeregshof in Pretoria hersien word, het RSG berig.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Malema gedagvaar nadat hy na bewering tussen 2006 en 2010 nie belastingopgawes ingedien het nie.

Regter Bill Prinsloo het verlede jaar gelas dat Malema se bates voorwaardelik gesekwestreer word.

Die Inkomstediens het op van Malema se eiendom beslaggelê, waaronder ‘n plaas in Limpopo en ‘n huis in Johannesburg.

Malema en sy Ratanang Familietrust skuld die ontvanger na bewering ongeveer 16 miljoen rand.

Malema het vroeër toegegee dat hy nie sy belastingsake hanteer het, soos deur die wet vereis word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.