Beurtkragdiesel maak naeltegnikus en tandarts stinkryk

Deel op

Ná ‘n week van hoë drama by Suid-Afrika se kragvoorsiener waarin vier senior amptenare geskors is, het nog skokkende onthullings na vore gekom.

Die maatskappy het selfs nie geskroom om ‘n swart tandarts en ‘n swart naeltegnikus aan te stel om diesel te verskaf vir sy kragopwekkers nie.

Dit beteken dat dié soort verskaffers reusewinste gemaak het uit beurtkrag.

Volgens die Sunday Times, was die tandarts, Dr Maxine Kekana, en skoonheidsdeskundige, Monica Nkosi, onder die verskaffers om brandstof ter waarde van R200 miljoen aan Eskom te lewer.

Kekana se maatskappy Kekoil en Nkosi se firma Kamoso is twee verskaffers wat Eskom gebruik van tyd tot tyd ondanks die feit dat kontrakte met groot olieverskaffers, insluitend PetroSA gesluit is.

Die koerant berig dat die twee vroue nuwelinge was in die energie-sektor en dat hul maatskappye nie voldoen het aan Eskom se breë-gebaseerde swart ekonomiese bemagtigingskriteria toe hul kontrakte met Eskom gesluit is nie.

Kekana het bevestig dat sy diesel aan Eskom voorsien en dat sy ‘n tandarts van beroep is, maar het daarop aangedring dat sy nie die enigste verskaffer is nie. In ‘n brief aan die koerant het sy gedreig met regstappe as die koerant haar naam of die naam van haar maatskappy publiseer.
 
Nkosi, die naeltegnikus, het ook bevestig sy Eskom van diesel voorsien, maar het gesê sy “het nie iets soos ‘n formele kontrak nie”.

Zola Tsotsi, voorsitter van Eskom het vroeër aangekondig dat Tshediso Matona, uitvoerende hoof geskors is, sowel as drie senior bestuurders en gesê ‘n volledige onafhanklike ondersoek sal van stapel gestuur word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.