SA maak weer mediese geskiedenis met penisoorplanting

Deel op

Dokters staan gereed om penisoorplantings te doen in al Suid-Afrika se hospitale. Hulle wag net vir gewillig skenkers, het City Press berig.

Suid-Afrika het weereens wêreldwyd mediese geskiedenis gemaak toe ‘n 21-jarige onlangs ‘n nuwe penis ontvang het.

Die eerste mediese deurbraak was Dr Christiaan Barnard se suksesvolle hartoorplanting in 1967.

Professor Frank Graewe, een van die dokters wat die prosedure uitgevoer het en die hoof van die afdeling van plastiese en rekonstruktiewe chirurgie aan die Universiteit Stellenbosch, het gesê die ontvanger van die penisoorplanting was een van verskeie mans op die waglys.

Sy penis moes drie jaar gelede ná ‘n mislukte besnydenis by ‘n tradisionele inlywingseremonie afgesit word.

“Dit is nou drie maande later en die pasiënt herstel baie goed. Hy het seks gehad vyf weke ná die operasie.

Die nege-uur-lange operasie is in Desember verlede jaar in Kaapstad se Tygerberghospitaal gedoen en het die internasionale media aan die gons.

Die skenkerorgaan is in ‘n twee-uur prosedure van ‘n skenker verwyder wat breindood verklaar is. Die hele deel is versigtig verwyder om die bloedvate en senuwees nie te beskadig nie.

Graewe sê die “velkleur” van die skenkerdeel stem ooreen met dié van die pasiënt.

“Dit sal nooit 100% dieselfde wees nie, want selfs wanneer die individue dieselfde velkleur het, sal gelaatskleur verskil.”

Hy sê hulle sal hierdie rasaspek in ag neem in die toekoms.

Professor André van der Merwe, hoof van die afdeling urologie by Stellenbosch wat die operasie gelei het, werk sedert 2010 aan navorsing op dié gebied.

Hy het op kadawers geoefen om die senuwees, bloedvate en ander elemente te ontleed wat ‘n normale funksionering kan verseker.

Die pasiënt is tans op medikasie wat sy immuunreaksie onderdruk om sy liggaam te verhoed om die deel te verwerp.

Graewe het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy het gesê hulle het ‘n paar pasiënte wat gereed is vir die volgende oorplanting.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.