PRAAG wil vanjaar 17 boeke uitgee

Deel op

Goeie nuus vir Afrikaans en lesers in die algemeen, is dat PRAAG vanjaar gaan probeer om nie minder nie as sewentien boeke uit te gee. Sommige titels is nog nie heeltemal gefinaliseer nie, maar hier onder volg ons publikasieprogram met voorlopige publikasiedatums. Sommige titels mag dalk vroeër verskyn en ander weer later, want veral die vertalings is ‘n ingewikkelde proses wat soms langer neem as wat ‘n mens dink, sowel om die kontrakte met oorsese uitgewers te sluit as om die teks self te vertaal en te versorg.

  1. Raiders of the lost Empire – papieruitgawe van Dan Roodt se Engelse eboek-essay van verlede jaar. Publikasiedatum: einde Maart 2015.
  2. Duiwelsasem – papieruitgawe van Karin Roodt se eboek-riller van 2012. Publikasiedatum: 15 April 2015.
  3. Trou tot die dood toe, herdruk van Johan van der Merwe se outobiografie van 2010. Publikasiedatum: 15 April 2015.
  4. Bodem – nuwe papieruitgawe van Gustav Venter se eboek van 2014. Publikasiedatum: 30 April 2015.
  5. Rooi seine op Stellenbosch: verengelsing, transformasie en verraad aan ‘n eens trotse universiteit, deur Leon Lemmer. Publikasiedatum: 15 Mei 2015.
  6. Beste van PRAAG 2014. ‘n Keur uit ons rubriekskrywers se bydraes verlede jaar. Publikasiedatum: 31 Mei 2015.
  7. Voorblad van Gustav Venter se e-boek, 'Die amigdala van Alrina Smal'Die amigdala van Alrina Smal, papieruitgawe van Gustav Venter se eboek-roman van 2012. Publikasiedatum: 15 Junie 2015.
  8. Donker, versamelbundel van Afrikaanse kortverhale oor die nuwe Suid-Afrika, deur verskeie skrywers. Publikasiedatum: 30 Junie 2015.
  9. Van Marx tot Mandela: die linkse pelgrimstog van die moderne tot die primitiewe, essay, deur Dan Roodt. Publikasiedatum: 15 Julie 2015.
  10. Tatiana de Rosnay, een van Frankryk se bekendste skryfsters
    Tatiana de Rosnay, een van Frankryk se bekendste skryfsters

    Die mure onthou, roman, deur Tatiana de Rosnay. Uit die Frans vertaal deur Ronel Esterhuizen-Belin. Eerste Afrikaanse uitgawe. Publikasiedatum: 31 Julie 2015.

  11. Verwoerd en Strawinski, roman, deur Dan Roodt. Publikasiedatum: 6 September 2015.
  12. Die badkamer, roman, deur Jean-Philippe Toussaint. Eerste Afrikaanse uitgawe. Uit die Frans vertaal deur Dan Roodt. Publikasiedatum: 30 September 2015.
  13. Nog ‘n Franse roman in Afrikaanse vertaling. (Meer besonderhede later.) Publikasiedatum: 31 Oktober 2015.
  14. Onderwerping, roman, deur Michel Houellebecq. Uit die Frans vertaal. Publikasiedatum: 15 November 2015.
  15. Sweedse roman in Afrikaanse vertaling. (Meer besonderhede later.) Publikasiedatum: 15 November 2015.
  16. Deense roman in Afrikaanse vertaling. (Meer besonderhede later.) Publikasiedatum: 15 November 2015.
  17. Amerikaanse riller in Afrikaanse vertaling. (Meer besonderhede later.) Publikasiedatum: 15 November 2015.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.