Swartes wat bejaarde egpaar skiet gevonnis

Deel op

Die swartes wat ‘n wit bejaarde egpaar wreed vermoor het, is gevonnis.

Hulle is skuldig bevind aan die moord op Chris en Katrien Jooste in Desember 2014.

Die drie van Winterveld het drie jaar gelede die twee wittes in Soshanguve tydens ‘n gewapende roof doodgeskiet.

Hulle is in die Pretoriase Hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Victor Mbuyiseni Simango is tot twee keer lewenslank en 38 jaar gevangenisstraf gevonnis op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en die besit van `n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Solomon Selekane en Collen Peter Malopo is elke tot twee keer lewenslank en 23 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die twee bejaardes is vermoor terwyl hulle voorraad aan `n spaza-winkel in Soshanguve afgelewer het. Net R3.50 is van hulle gesteel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.