Vogens die polisie het die hoof van die Onafhanklike Polisie-Ondersoekdirektoraat, Robert McBride glo ingemeng met die ondersoek na die hoof van die Valke.
Valkebaas Anwar Dramat is glo na die inmengery vrygespreek. Die minister van polisie, Nathi Nhleko het McBride Woensdag in kennis gestel dat hy geskors is.
‘n Woordvoerder sê McBride het na bewering ingemeng in die minister se ondersoek na die saak.
McBride is tot Donderdag die kans gegun om redes aan te voer oor hoekom hy nie geskors behoort te word nie.
McBride sal Vrydag ‘n dringende interdik in die Pretoriase Hooggeregshof aanvra teen die voorgestelde skorsing.
Dramat en ‘n kollega is vrygespreek van beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewering van vyf Zimbabwiese verdagtes in 2010.
Dramat intussen gesê dat hy bedank het.