Boer naby Harrismith vermoor

Deel op

'n Boer naby Harrismith in die Vrystaat is wreed vermoor Donderdagoggend nadat hy uitgegaan het om te gaan kyk waarom sy honde blaf. Sersant Mmako Mophiring sê Johannes Spies, 73, en sy vrou het geslaap en is deur die blaffende honde buite die huis omstreeks 5 uur wakker gemaak.

Deel op
Spies het twee keer gaan ondersoek instel. Die tweede keer het sy vrou, wat in die huis gewag het, twee verdagtes buite in die erf gewaar. Sy het later skote gehoor. Skielik het haar man die huis binnegestap gekom, erg aan die bloei. Spies is noodlottig in die bors en linkerarm gewond en die ambulans wat 'n uur later opgedaag het, was te laat om sy lewe te red. Die plaaswag, polisie en bure het hulle na Spies se plaas, Gravellot, gehaas om te help.

'n Polisiehelikopter asook 'n privaathelikopter is intussen ingespan om die moordenaars te help soek. Die plaaswag het 'n motor met vier insittendes voorgekeer oppad na die plaas toe, maar drie van passasiers het uitgespring en in die bosse verdwyn. Een 27-jarige verdagte is gearresteer en sy voertuig gekonfiskeer. Hy sal later in die Harrismithse landdroshof verskyn.

купить игрушку в украинеОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.