Drie gevare

Deel op

ImageIn ’n mediaverklaring van 6 Oktober het die Vryheidsfront Plus gewaarsku dat die ANC-Jeugliga militêre opleiding ontvang in kampe in Eshowe, Kwa-Zoeloe Natal. Hierdie aksies is onheilspellend, aangesien hulle in die teken staan van militante uitsprake van ene Isaac Mahlangu, die sekretaris-generaal van hierdie Jeugliga. Blykbaar het Mahlangu woorde gebruik soos “moor die kakkerlakke uit wat in ons weg staan” wat ’n mens laat terugdink aan soortgelyke uitsprake op Hoetoe-radiostasies tydens die groot slagting in Rwanda in 1994.

Deel op
Selfs die flou verskonings wat die ANC dikwels gebruik om sulke aksies en uitsprake te verdedig, hou geen water nie. Een van die verskonings is dat hierdie kampe opgerig is vir veterane wat nie geïntegreer was in die nasionale weermag nie. Die probleem is egter dat baie van hierdie ‘veterane’ op daardie stadium ongeveer sewe jaar oud was. Ander onheilspellende uitsprake wat hierdie militante optredes in ’n verdagte lig stel is Julius Malema se uitlatings “Kill for Zuma” en natuurlik Zuma se eie lofsang “Bring my masjiengeweer”.

Die slagting in Rwanda destyds het nie op ’n impuls gebeur nie. Dit was die resultaat van jarelange sluimerende konflikte gewees. Dieselfde kan ons sê van Suid-Afrika. So vroeg as die vyftiger- en sestigerjare het Kommunistiese geskrifte al gestel dat blankes en enigiemand wat blanke ‘koloniale’ ambisies koester in Suider-Afrika aan ’n aggressiewe diktatuur blootgestel moet word. Tydens die kentering in die begin van die negentigerjare het swartes strydkrete en lofsange geuiter waarin blankes bedreig was. Daardie YouTube-fragment waarin Mandela en Kasrils as verteenwoordigers van MK gesing het dat hulle hulself toegewy het om blankes te dood en ander lofsange, soos waarin swart aktiviste aan wyle Joe Slovo ’n belofte gemaak het dat hulle met hul masjiengewere sal inbeweeg om ‘hulle’ (wie anders?) te skiet, behoort, om die minste te sê, wenkbroue te laat lig.   

Hiermee gepaardgaande kan ons die wetgewing ter berde bring wat die ANC-regering probeer bewerkstellig om die besit van vuurwapens te verbied of ernstig te belemmer. Dit word steeds moeiliker vir wetsgehoorsame burgers om vuurwapens te besit. Die veronderstelling is natuurlik dat wapens doodmaak, en sonder wapens sal geweld afneem. Die werklikheid is dat hierdie veronderstelling nie naastenby akkuraat is nie. Vir diegene wat hieraan twyfel verwys ek graag na die volgende voorbeelde van verlede eeu:

1)    In die Sowjet-Unie – die ANC se ideologiese heimat – was in 1929 streng wapenwette ingevoer, en in die periode 1929 tot 1953 het dit die lewens gekos van ongeveer 20 miljoen mense wat hulself nie kon verdedig nie.
2)    In 1911 het Turkye ’n soortgelyke wapenverbod ingevoer, en in die periode 1915 – 1917 het dit die lewens van anderhalf miljoen Armene gekos.
3)    Duitsland se wapenverbod was in 1938 ingevoer, en van 1938 – 1945 het dit ’n tol geëis van 13 miljoen lewens van burgers wat hulself nie kon verdedig nie.
4)    China het soortgelyke wetgewings ingevoer in 1935 en in die periode 1948 tot 1952 het dit 20 miljoen weerlose politieke dissidente se lewens gekos.
5)    Guatemala het gevolg in 1964 met wapenwette, en in die periode 1964 tot 1981 was 100 000 Maya-Indiane tereggestel.
6)    Oeganda het ’n soortgelyke verloop gehad in 1970, en in die periode 1971 tot 1979 het 300 000 Christene deur middel van teregstelling die dood tegemoet gekom.
7)    Kambodja het in 1956 streng wapenwette ingevoer, met die berugte "Killing Fields" as gevolg in die periode 1975 – 1977. Ongeveer anderhalf miljoen mense was tereggestel.

Altesame is na skatting verlede eeu 56 miljoen mense tereggestel as gevolg van streng wapenwetgewings wat dit onmoontlik gemaak het vir hulle om hulself te verdedig. As die studie van geskiedenis enige sin het, dan behoort hierdie voorbeelde enige wetsgehoorsame Suid-Afrikaner met agterdog en onheil te vervul.

As daar drie gevare is waarop ’n mens bedag moet wees, is dit hierdie bogenoemde faktore, naamlik 1) Militêre opleidingskampe; 2) Aanhitsery teen blankes en impimpi’s (swart ‘verraaiers’); en 3) drakoniese wapenwette vir wetsgehoorsames. Wat hierdie drie gevare nog enigsins kan beïnvloed is die huidige skeuring in die ANC. Dit kan moontlik lei tot onderlinge konflikte tussen verskillende ANC faksies, en in ’n herhaling val van die eeue-oue stamkonflikte tussen Zoeloe en Xhosa. Andersyds kan blankes juis ekstra geteiken word om die aandag af te lei van die breuke binne die ANC, en allerlei verskonings weer aangewend word om dit goed te praat, soos byvoorbeeld dat blankes die stamkonflikte bekokstoof het of derglike onsinnige argumente.

Die ANC weet desnieteenstaande dat tyd aan sy kant is. Vanuit Europa word daar louwarm gereageer oor die probleme in Suid-Afrika. ’n Belangrike rede vir die louwarm reaksie uit Europa, dink ek, is juis die ietwat pessimistieser houding wat mense het oor Afrika. Daar heers ’n stemming dat Afrika nie sommer gered kan word deur bloot meer geld te gee nie, en ’n soort apatie begin manifesteer. Baie Europeers voel in elk geval nie meer persoonlik betrokke by die lot van Afrika nie. Daar is eweneens geen duidelike skuldkwessie wat die gewetenslas oor Afrika aanbetref nie. Nog twintig jaar gelede was die Afrikaner die brandpunt van Europa se skuldgevoelens gewees, en noudat al die voormalige koloniale bastionne geval het en ’n golf van vernietiging en puin agtergelaat is deur swart diktators, voel Europa kennelik nie meer so skuldig hieroor nie, waarskynlik omdat die gesig van Afrika se ellende nie direk terug te herlei is na die koloniale invloede nie, maar juis die postkoloniale aksies.

’n Belangrike faktor is ook dat vooraanstaande linkse skrywers, joernaliste en intellektuele ook nie meer glo in die Afrikadroom nie. Van die mees radikales is wreed ontnugter en hou hulself besig met minder polities-gevoelige aktiwiteite, waardeur die res van die wêreld nie meer daagliks of weekliks gekonfronteer word met oordrewe nuusvoere oor Afrika wat hul gewete op een of ander manier kwel nie.

Dit verander egter nie die werklikheid op voetsoolvlak nie. Hoe dit ook al sy, dit lyk vir my soos ’n goeie idee om soveel moontlik hierdie opleidingskampe en ander terreurvorme aan die groot klok te hang. Dit is hier waar die rol van Afrikaners in die buiteland van belang kan wees, om hul gaslande se politici van die erns van die situasie op die hoogte te stel.

In die geval van Nederland, fluktueer die persepsie van ander groepe gewoonlik tussen twee uiterstes, naamlik van doodslaan tot doodomhels. Die gety is al besig om te keer in die guns van die Afrikaner. Dit is nou die tyd om die saak te stel. Wie weet, miskien kan die Nederlanders met dieselfde bewondering en heldenmoed weer begin terugblik op ‘Dat vrije volk’.

подростковая спортивная одежда для мальчиковДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.