Swart amptenare by lisensiekantoor rand wit vrou aan

Deel op

‘n Wit vrou van Pretoria is glo deur swart staatsamptenare by die Centurion-lisensiekantoor aangerand toe sy geweld tussen die personeel en ‘n lid van die publiek afgeneem het.

Connie Wehrmann sê sy is verlede Woensdag aangerand deur ‘n swart amptenaar. Sy het haar pa na die sentrum vergesel toe die voorval plaasgevind het.

Volgens Wehrmann het die bestuurder ‘n beswaarde lid van die publiek rondgestamp en met die kop geslaan. Hy het na bewering ook op haar geskree en in haar gesig gespoeg.

Wehrmann het aan Netwerk24 gesê gedurende die bakleiery was sy besig om ‘n boodskap op haar selfoon te tik. Die swart amptenare het daarna met geweld probeer om haar selfoon af te vat en haar daarvan beskuldig dat sy beeldmateriaal van die geweld opneem.

Wehrmann se gesig is stukkend geslaan en sy het krapmerke in haar nek. Sy is hardhandig deur veiligheidspersoneel uit die lisensiekantoor geboender.

Die swart polisie-ondersoekbeampte wat haar klag ondersoek het, het Wehrmann egter Dinsdag na die Lyttelton-polisiestasie ontbied om haar in te gelig dat ’n saak van aanranding téén haar ingedien is.

Ao. Hero Gumbu, polisiewoordvoerder vir Lyttelton, het bevestig ’n saak van aanranding word ondersoek.

Wehrmann moet Maandag in die landdroshof verskyn. As Sy Maandag skuldig bevind word, sit sy met ’n kriminele rekord, alhoewel sy oorspronklik die klaer was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.