Rekenaaringenieur se lyk in Finland gevind

Deel op

Die Suid-Afrikaanse rekenaaringenieur en werknemer van Metso in Johannesburg wat in Finland verdwyn het, se lyk is op die Tammerkoskis-strand in Finland gevind.

Volgens die Sweedse nuusportaal in Finland, www.hbl.fi, het Herc Croese na bewering op die rotse by die Tammerkoskis-strand gestaan om die golwe te bewonder toe hy in die water beland en verdrink het.

Croeser het ‘n week gelede in Tempere verdwyn, nadat hy byna twee weke gelede na Helsinki in Finland gereis om ‘n konferensie by te woon.

Hy het saam met vriende iets by die Aussie Bar genuttig. Hy het Donderdag vertel hoe lekker dit sou wees om huis toe te vlieg Vrydag.

Hy het in die hotel Ilves tuisgegaan.

“Nadat die man die kroeg verlaat het, het ons geen spoor van hom gekry nie. Sy bedoeling was waarskynlik terug na die hotel te gaan, maar hy het nooit opgedaag nie,” het Kommissaris Pasi Mettälä gesê.

Kort na Croeser die kroeg verlaat het, het hy sy selfoon vir die laaste keer gebruik, het die polisie gesê. Die gesin aan die ander kant, sê dat die operateur in Suid-Afrika het ‘n selfoonoproep byna ‘n dag later geregistreer, op Vrydagmiddag, maar die polisie kon dit nie bevestig nie.

Croeser sou verlede Saterdag by die OR Tambo- internasionale lughawe aankom, maar het nooit opgedaag nie.

Sy gesin in Boksburg het reeds onraad vermoed toe hulle hom verlede Vrydag nie kon kontak nie.

Hy het die Donderdagaand sy hotelkamer verlaat en by die kroeg sowat 800 m weg van sy hotel gaan kuier. Die polisie het Croeser se paspoort, geld en ander besittings in sy kamer gevind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.