‘n Britse militêre gesondheidswerker is met Ebola in Sierra Leone gediagnoseer, het owerhede in Londen Woensdag gesê en ‘n militêre vliegtuig is gestuur om haar terug te bring indien nodig.
“Ons kan bevestig dat ‘n Britse militêre gesondheidswerker in Sierra Leone positief vir Ebola getoets het,” het ‘n woordvoerder vir Openbare Gesondheid Engeland (PHE), ‘n regeringsagentskap, verklaar.
Die vroulike gesondheidswerker word in ‘n spesialis-Ebolasentrum in Kerry Town in die westelike deel van Sierra Leone behandel.
A Royal Air Force-vliegtuig is gestuur na die land en is gereed om die pasiënt te ontruim indien nodig.
“Mediese kenners is tans besig om die situasie te peil om te verseker dat die nodige sorg gegee word,” het die PHE-woordvoerder gesê.
“‘n Mediese besluit of die individu ontruim sal word na die Verenigde Koninkryk vir behandeling sal mettertyd geneem word.”
‘n Geskatte 700 Britse soldate, mans en vroue, is ontplooi om Sierra Leone te help in hul reaksie teen Ebola wat Wes-Afrika verlede jaar getref het.
Hulle het gehelp bou aan mediese sentrums, saam met ‘n aantal vrywilligers van Brittanje se staatsbeheerde National Health Service.
Twee Britse verpleegsters, Pauline Cafferkey en William Pooley, het Ebola opgedoen maar herstel na behandeling in Brittanje.
PHE het gesê ‘n ondersoek is aan die gang oor hoe die naamlose militêre dienspligtige die virus opgedoen het, en enigiemand wat in onlangse kontak met die pasiënt was, word gesoek.
“Enige individue geïdentifiseer deur die feit dat hy in noue kontak [met die slagoffer] was, sal geassesseer word en ‘n kliniese besluit rakende hulle afvoer na die Verenigde Koninkryk sal geneem word,” het die woordvoerder bygevoeg.
Byna 24000 mense is met Ebola besmet sedert Desember 2013, byna almal in Guinee, Liberië en Sierra Leone, en meer as 9 800 is reeds dood daaraan, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie.
Liberië het verlede week sy laaste bevestigde Ebola pasiënt uit die hospitaal ontslaan. Geen nuwe geval is aangemeld in die land sedert 19 Februarie nie.