Koplose babalyk dryf in rivier

Deel op

Inwoners van die Mix-­lokasie noord van Windhoek het Dinsdag ná 18:00 op die lyk van ’n ­pasgebore ­babadogtertjie afgekom, het die Republikein berig.

Volgens ’n jarelange inwoner van die nedersetting het twee vroue na die bosse naby die ou Mix-gebou gestap, toe hulle iets in die nabygeleë rivier gesien lê het.

“Die een het eers gedink dis ’n pop, maar die ander een het dit met ’n stok uit die water gekrap en gesien dis die lyk van ’n pasgebore baba.

Volgens haar het die vroue foto’s van die oorskot geneem, maar vir niemand in die nedersetting daarvan vertel nie.

Woensdagoggend het hulle egter die foto’s van die gru-vonds met inwoners gedeel wat die polisie ontbied het.

“Ons het almal gaan kyk waar sy gelê het, maar toe ons daar kom, was die lyk weg en het daar net bloed gelê.

Die inwoners het die rivier en omgewing begin fynkam en sou later die oggend ’n hond sien wat verder af in die rivier aan iets snuffel.

“Toe ons nader kom, toe sien ons dis die babatjie, maar sy het nie meer ’n kop gehad nie. Die mense en die polisie wat gesoek het, kon dit nie kry nie.

“Dit was gruwelik om na te kyk. Ons het maar ’n plant gesit waar die kop was, dit het so lelik gelyk.
Elkeen hier ken mekaar, het sy gesê.

“Die polisie het gesê ons moet in mekaar se huise kyk of daar iemand was wat swanger was. Maar hier ken almal mekaar, ons is ’n klein gemeenskap en jy sal dit nie kan wegsteek nie. Behalwe, sê sy, as dit dalk ’n “inkommer” was.

Die polisie het teen druktyd nog nie op navrae ge­reageer het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.