Japan skenk R30 miljoen vir SA rampbestuur

Deel op

Japan het 30 miljoen rand geskenk vir die opleiding van rampbestuurspanne in Suider-Afrika, het RSG berig.

Dit volg nadat Redding Suid-Afrika Japan in 2011 na die aardbewing en tsoenami bygestaan het. Meer as 20 000 mense is in die ramp dood.

Suid-Afrika se span was die enigste uit Afrika wat gaan help het. Gister was die vierde herdenking van die ramp.

Die Japanse ambassadeur in Suid-Afrika, Shigeyuki Hiroki, sê daar het sedertdien ‘n band van vriendskap ontstaan, wat uitgeloop het op die vennootskap tussen die Japanse regering en Redding Suid-Afrika.

Hiroki het gesê rampe tref verskeie dele van die wêreld onverwags en hulle wil graag vaardighede ontwikkel en veral in Suid-Afrika se buurlande.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.