Noordwes wil naam verander te midde van diensleweringsfiasko

Deel op

Noordwes moet eers sy huis in orde kry voor daar op luukshede soos naamsveranderinge gefokus kan word, sê kritici van die jongste ANC-foefie.

Ongelukkigheid volg op Premier Supra Mahumapelo se aankondiging Vrydag dat daar oorweging geskenk word aan die gedagte om die provinsie se naam na Moses Kotane te verander.

Kotane was ’n anti-apartheidsaktivis wat in ballingskap in Rusland oorlede is.

Kwessies soos dienslewering in die Matlosana- en Madibeng-munisipaliteite wat tot stilstand gekom het, behoort dringend aandag te geniet eerder as ideologiese warm lug, sê wit belastingbetalers.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.