Zuma stoei weer met Nkandla-vrae

Deel op

Emosies het Woensdag weer hoog geloop in die Nasionale Vergadering toe President Jacob Zuma mondelinge vrae beantwoord het.

Die kwessie oor geld wat aan sy privaatwoning op Nkandla bestee is, is geopper ondanks die feit dat dit nie op die Ordelys was nie.

Na langer as ‘n uur se gekibbel oor of Zuma bykomende vrae moet beantwoord, is ooreengekom dat die saak Donderdag bespreek sal word, wanneer datums vir dié sessies bepaal sal word.

Dit sluit vrae in oor Nkandla wat oorgestaan het weens vorige ontwrigting. Die EFF het tydens Zuma se mondelinge vraesessie daarop aangedring dat hy eers die uitstaande mondelinge vrae van verlede jaar moet beantwoord voordat hy nuwe vrae antwoord.

Dit was die eerste mondelinge vraesessie in die Nasionale Vergadering sedert die sitting op 21 Augustus verlede jaar, wat verdaag is nadat lede van die EFF die Vergadering in ‘n sirkus laat ontaard het.

Zuma het aantygings van die opposisie verwerp dat hy probeer het om vrae in die Parlement te systap.

Hy het gesê hy is bereid om rekenskap te gee oor die staatsgeld wat aan veiligheidsopgraderings aan Nkandla bestee is.

President Zuma het opnuut herhaal dat hy nie die geld sal terugbetaal wat bestee is aan nie-veiligheidsopgradering aan sy privaatwoning op Nkandla nie, totdat ‘n besluit deur die Minister van Polisie, gedoen is.

Die DA se Parlementêre leier, Mmusi Maimane, sê indien die Nasionale Vergadering se Programkomitee nie ooreen kan kom oor ‘n bykomende datum vir die President om uitstaande mondelinge vrae te beantwoord nie, kan dit tot probleme lei by die volgende volle sitting.

Die Programkomitee vergader vandag om die sakelys vir die Nasionale Vergadering se volgende sitting te bepaal.

Maimane sê die komitee moet ‘n datum vasstel vir die uitstaande vrae aan die President.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.