Die metropolisie het motoriste aangeraai om die K43 in Lenasia suid van Johannesburg te vermy weens oproer in die gebied.
Oproeriges van Thembelihle het die pad met klippe afgesper en verbygaande motors met klippe bestook.
Swart inwoners het tot geweld oorgegaan oor diensleweringskwessies, insluitende behuising en eis dat munisipale amptenare hulle griewe aanhoor.
Maandag het die Gautengse LUR vir Behuising, Jacob Mamabolo, gesê hy sal dié week aandag gee aan hulle griewe.