Indonesiërs lewer munte by Australiese ambassade af

Deel op

Indonesiërs het “Maak Abbott se mond stil en “Abbott, sê jammer”, geskree en op’n plakkaat met die Australiese premier, mnr. Tony Abbot, se foto getrap, terwyl hulle sakke met muntstukke by die Australiese ambassade in Jakarta afgelewer het.

Abbott het verlede maand gesê Jakarta moet die US$1 miljard wat Australië as bystandshulp aan Indonesië gegee het in die nadraai van die 2004 Indiese Oseaan-tsoenami onthou. Die tsoenami het die lewens van ongeveer 220 000 mense geëis.

Sy opmerkings was daarop gemik om die teregstelling van die Australiese dwelmsmokkelaars, wat deel uitmaak van die sogenaamde “Bali nege, te stop. Andrew Chan en Myuran Sukumaran sal na verwagting enige dag tereggestel word.

Abbott se poging het egter misluk en n lelike nadraai gehad met betogers in Indonesië wat met n veldtog begin het om muntstukke in te samel om Australiese hulp “terug te betaal.

Sewe sakke muntstukke ter waarde van ongeveer sewe miljoen rupiah (US$535) is gister by die Australiese ambassade afgelewer.

Die koördineerder van die veldtog, Andi Sinulingga, sê Abbott se opmerkings was laakbaar.

“Ons het nooit gevra vir hulp nie, maar Australië het dit aangebied. As ons geweet het hulle was nie opreg nie, sou ons dit nooit aanvaar het nie, het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.