Vier van Zim vas vir wildboer se moord

Deel op

Vier Zimbawiërs het Maandag in die Mokopane-landdroshof verskyn weens die moord op dr. Louis-John Botha (64), ‘n wildboer van Swartwater in Limpopo.

Die verdagtes Bruce Mho (23), Trymore Nyube (23), Daniel Lismart (27) en Anton Moyo (27), is glo voorheen deur Botha gehuur om ‘n heining op sy plaas te span.

“Die saak is tot 17 Maart uitgestel, wanneer die verdagtes na verwagting sal aansoek doen om borgtog,” het Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

Familielede wat onraad bemerk het toe Botha nie oproepe beantwoord het nie, het op die kluis afgekom wat oopstaan asook bloed in die huis.

Na ‘n soektog is sy liggaam Maandagoggend in ‘n waterkuil met krokodille, sowat 200 m ver van sy huis af, opgespoor.

Volgens die nadoodse ondersoek het ‘n harde hou teen Botha se kop moontlik tot sy dood gelei nadat hy met ‘n graaf en stokke geslaan is deur die aanvallers wat hom in sy huis ingewag het.

Kol. Otto het bevestig dat Botha dood is weens die hou aan sy kop.

Die swart aanvallers het hom daarna vermoedelik na die kuil gesleep en vir dood agtergelaat. Botha, wat vasgebind was, het nietemin klaarblyklik na die oewer probeer swem voor hy dood is.

Krokodille het aan sy liggaam gevreet.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.